B T BOEKE DAY 2010
B.T.BOEKE tennis dag deur almal geniet.
Middelburg tennis klub het Saterdag 16 Oktober sy jaarlikse B T Boeke tennis dag aangebied.
Ses en sestig tennis spelers vanoor die hele provinsie het aan die genotvolle dag deelgeneem. Alle spelers is in groepe ingedeel om teen mekaar op `n rondomtalie basis mee te ding. Die tennis was van hoogstaande gehalte, maar is in `n baie goeie en ontspanne atmosveer gespeel.
In die dames groep een het Jana Oltman en Kotie Botha van Nelspruit koning gekraai met Chrissie Haycock en Thea du Toit in die tweede plek
In die dames groep twee was Esther Scoonbee en Delza Laubser die wenners met Hettie van Heerden en Jess Martin die naaswenners.
Die mans groep een is gewen deur Frits Swart en Wynand Viljoen met Kobus en Jacques van Heerden in die tweede plek.
In die mans tweede groep het Charles en Willie Collen `n naelskrapse oorwinning oor Damian Whitter en Reuhl Lombard behaal
Groep drie van die mans is veral gekenmerk deur die spel van verskeie juniors wat die dag deelgeneem het. Marnus Aucamp en Raynor Ferns was die wenners met Gerhard Swart en Dimitri Frazao in die tweede plek.
Al die spelers was dit eens dat die klub geborgde dae wat in die streek aangebied word `n groot bydrae lewer tot die sukses wat Wes Mpumalanga op die tennis bane behaal.
|